NUUS OOR SEISOENSDEKKING GEDURENDE DIE VAKANSIETYD

Die vakansietyd is weer op hande en Santam wil jou graag inlig omtrent die onderskrywingsituasie gedurende hierdie
tydperk. Ons poog altyd om konsekwent in ons onderskrywingsbenadering te wees, en dit geld selfs meer dié jaar met die
natuurrampe soos oorstromings, stygende seevlakke, brande en aardbewegings, asook eise met betrekking tot diefstal,
waarmee ons bedryf te kampe het.

Die jaar 2023 was tot dusver ‘n uitdagende jaar vir Santam, en ons verpligting is gevolglik teenoor ons bestaande kliënte
wat net soos ons ‘n moeilike 2023 beleef het. Ons sal onvermydelik aansoeke om nuwebesigheidskwotasies ontvang
namate ondernemings se bedrywighede vir die jaar afneem. Hierdie kwotasies sal kom van kliënte wat nie voorheen
versekeringsdekking vir hul bestaande ondernemings gehad het nie. Ons sal ongelukkig nie soos in vorige jare hierdie
aansoeke vir dekkingsaanvangsdatums tussen 15 November en 16 Januarie 2024 kan aanvaar nie.
Die volgende reëls is gedurende dié tydperk van toepassing:

Bestaande besigheid

• Verhogings in Diefstal- en Gelddekking is onderhewig daaraan dat toereikende veiligheidsmaatreëls in plek is. Waar
geen ondersoekverslag beskikbaar is nie of waar die Santam-ondersoekverslag ouer as twee jaar is, verlang ons van die
tussenganger volledige inligting oor die sekuriteit op die perseel.
• Ons aanvaar slegs verhogings indien die versekerde se eisegeskiedenis bevredigend is.
• Alle versoeke om die versekerde bedrag vir Diefstal- en Gelddekking met meer as 30% te verhoog of waar die versekerde
bedrag tot meer as R1 000 000 verhoog word, moet na die Santam Verhoudingsbestuurders verwys word, wat dit op
hul beurt na die tegniese bestuurders sal verwys. Waar geen ondersoekverslag beskikbaar is nie of waar die Santamondersoekverslag
ouer as twee jaar is, verlang ons van die tussenganger volledige inligting oor die sekuriteit op die
perseel.

Nuwe besigheid
Aansoeke om nuwe besigheid sal slegs oorweeg word indien die kliënt tans elders verseker is vir dieselfde dekking en
limiete wat hulle nou van Santam verlang.

• ‘n Omvattende verliesgeskiedenis moet aan die Verhoudingsbestuurders verskaf word.

• Indien nie aan albei kriteria voldoen word nie, kan hierdie risiko’s slegs vanaf 16 Januarie 2024 ‘n aanvang neem.

• Indien splinternuwe ondernemings gedurende hierdie tydperk verkry word, kan dit na die Verhoudingsbestuurders
verwys word.

Indien jy enige redes het waarom hierdie risiko’s aanvaar moet word, kan dit na die Verhoudingsbestuurders verwys word.
Alle tussengangers moet bewus wees van die feit dat die Ondersoekafdeling nie gedurende hierdie tydperk ondersoeke na
hoër limiete kan instel nie, omdat baie ondernemings om en by 15 Desember 2023 vir ‘n tydperk van tot vier weke sal sluit. Die Ondersoekafdeling sal ook gedurende hierdie tydperk minder personeellede aan diens hê.